Kempton-Kruin Koelgroen Kindernaweek 23 – 25 September 2011 - spesiaal vir alle kinders (6-13).

Druk-weergaweStuur na 'n vriendPDF version
2011-09-23
2011-09-25
Africa/Johannesburg

 

NG Kempton-Kruin, in samewerking met ander kerke in die omgewing, beplan ʼn Coolgroen-naweek vanaf 23 tot 25 September, spesiaal vir alle kinders (6-13).

Dit beloof om vol pret en opwindende aktiwiteite te wees.

Een van die hoogtepunte van die naweek, is optredes deur bekende sangers en vermaaklikheidsterre.

  • Gospelsanger, Nedine Blom, bekend vir haar baie suksesvolle Supercool kinder-pop-albums, is slegs een van dié kunstenaars.
  • Die optredes deur Willie en die Wenspan en Norman (ook bekend as Erich Posthumus), gaan sorg vir verdere groot vermaak. Beide van hulle het ʼn passie vir die jeug en gesels oor die evangelie op ʼn baie interessante manier, deur middel van sang en musiek en die gebruik van kreatiewe stories en karakters.
  • Die vertoning deur Livingball, moet verseker ook nie misgeloop word nie. Kinders gaan veral hier met helderkleurige sportballe speel en so van die evangelie leer.
  • Dan gaan daar ook by die kerk gekamp word.

Alles is gratis, bring net jou eie kamptoerusting.

Ouers is baie welkom. Kinders onder 9, moet asseblief deur hul ouers vergesel word.

Ander hoogtepunte vir hierdie naweek sluit in verskeie aktiwiteite soos:

  • piekniek,
  • bak en brou,
  • lofprysing by kampvuur en
  • sommer net lekker in ʼn groep saamspeel.

Leef Coolgroen! As deel van die naweek se verrigtinge, word daar beplan om ʼn Echo-herwinningsisteem bekend te stel. Hier gaan kinders op ʼn kreatiewe en praktiese manier aangemoedig word om in hul gemeenskap by die bewaring van die natuur betrokke te raak.

Sondag sluit die program af in die kerkgebou, waar daar ʼn gesamentlike erediens vir ouers en kinders is.

Kempton-Kruin se Coolgroen Kindernaweek is om die draai.

Alle aktiwiteite vind plaas by die kerk, Fiskaalstraat 30, Glen Marais.

Kinders word aangemoedig om reeds nou al hul kaartjies, teen R150 elk, by www.itickets.co.za te koop. Kaartjies is ook beskikbaar by die kerkkantoor.

Kostes sluit in:

  •  ʼn gratis T-hemp (indien jy jou kaartjie voor 16 September koop),
  • toegang tot alle aktiwiteite en vertonings
  • sowel as die aandete Vrydagaand en
  • drie etes Saterdag.

Ouers is ook welkom om die vertonings van Nedine Blom en Willie en die Wenspan by te woon.

Registrasie vir alle kinders, is Vrydag om 4nm en weer 8vm Saterdag, indien jy nie gaan kamp nie.

Vir meer inligting oor die Coolgroen Kindernaweek.

  • Besoek: www.kruin-kerk.co.za of
  • Sluit aan by die Facebook Groep (Coolgroen Kindernaweek) of
  • skakel die kerkkantoor by 011 391 1343.

Aloma Swanepoel
aloma14@telkomsa.net
082 652 3398