Is jou gemeente opsoek na 'n nuwe, bekostigbare webtuiste? Ons het die oplossing! Kliek hier vir meer inligting.
Wie is ons
Die Sinode Hoëveld van die NG Kerk is hoofsaaklik ‘n stedelike sinode met 135 gemeentes - waarvan die meeste in die provinsie Gauteng geleë is.
Enkele gemeentes (20) is in die provinsie Mpumalanga.
Die Gautengse gedeelte strek oor ‘n gebied van ongeveer 50 kilometer by 30 kilometer – wat dit dan ook die mees verstedelikte en digbewoonde sinode in die land maak.
Die lidmaat-samestelling is uiteenlopend en daarom is dit dan ook sinode met verskeie uitdagings en meervoudige oplossings.