Die goeie en mooi gemeenskap
- Onderskrywings deur Richard Foster en Dallas Willard
- Deel van die Dissipelskap-reeks
In sy derde boek in die Dissipelskap-reeks help James Bryan Smith ons om as dissipels van Jesus in verhouding met ander mense te leef. "Dissipels van Jesus is nie deeltydse weldoeners nie," skryf hy. "Hulle leef in voortdurende kontak met die koninkryk van God en is mans en vrou in wie Christus altyd woon. Hulle vertel nie net partykeer die waarheid nie, leef nie net soms opofferend nie en vergewe nie net nou en dan nie. Daar is 'n magdom geleenthede vir ons om 'n uitwerking te hê op die wêreld waarin ons leef."
Ons sukkel egter om 'n balans te handhaaf tussen persoonlike geestelike vorming en deelname in die gemeenskap. In hierdie boek wys Smith vir ons hoe om hierdie aspekte bymekaar uit te bring. Daar is baie dinge wat ons oor God glo wat nie waar is nie. Soos in die eerste twee boeke, help Smith ons om daardie vals stories te vervang met ware stories (wat in die Bybel gevind kan word). Hy help ons ook met geestelike oefeninge wat daarop gemik is om die regte stories in ons liggame en siele in te prent. Smith lei ons om op 'n opregte manier as 'n goeie en mooi gemeenskap van volgelinge van Christus te leef, sodat ons die lig van die Gees in elke verhouding laat skyn.

