Hemel op aarde

Hemel op aarde
Outeur: 
Rassie & Marietjie Malherbe
ISBN: 
9780796312167
Formaat: 
Sagteband
Prys: 
R 139.95
USP: 
  • Word deur Floyd McClung en ander bekende stemme in die Christengemeenskap onderskryf
  • Hoog aangeskrewe huweliksberaders Praktiese boek vir individue asook beraders, pastors en teologiestudente
  • Uitdagende waarhede oor hedendaagse huwelike

Dis deel van die mens se samestelling om ongeneeslik romanties te wees. Ons besef dit nie altyd nie, maar God is net so romanties! Die huwelik is 'n belangrike deel van sy plan vir ons. Hy het ons gemaak om mooi, gelukkige en vervulde huwelike te hê – 'n stukkie hemel op aarde.

Ongelukkig leef ons in 'n tyd waarin dit wat God bedoel het om mooi te wees, lelik gemaak word deur sonde. Die gees van die tyd het ons só selfgesentreerd laat word dat soveel mense net trou om hulleself gelukkig te maak en hul eie behoeftes en begeertes te vervul. Al minder mense sien nog die huwelik as 'n instelling waarin hulle 'n verantwoordelikheid teenoor hulle lewensmaat, God, hulle kinders en selfs die samelewing het.

Rassie en Marietjie Malherbe glo hul gelukkige huwelik van 35 jaar is aan God se genade te danke. God gee ons in sy Woord bepaalde sleutels en riglyne vir 'n suksesvolle, Godgesentreerde huwelik wat in alle huwelike toegepas kan word. In Hemel op aarde deel hulle hierdie sleutels en riglyne met lesers vertel hulle wat die kern van 'n gelukkige huwelik is.