Produkte
Soek 'n produk
|
'n Romantiese verhaal oor 'n suksesvolle man wat die lewe saai vind sonder liefde en 'n weduwee wat leer om weer lief te hê nadat sy haar man en baba verloor het.
|
|
Wanneer die beroemde Drikus Serfontein terugkom Kaapstad toe, krap die plaaslike skoonheid wat ook sy universiteitsmeisie was, sy wêreld deurmekaar met die openbaring dat hy 'n pa is! Kan die groot liefde uit sy tuisdorp en sy nuutgevonde dogter aanpas in die Johannesburgse omgewing wat nou Drikus se tuiste is?
|
|
Hierdie tiende uitgawe bevat ongeveer 200 000 teksverwysings wat elkeen voorsien is van ’n kernagtige maar sinvolle aanhalinggreep waaruit die teksverband afgelei kan word.
|
|
Hierdie is die vierde en laaste titel in die Agter die skerms-reeks. In Take Four, nadat Chase Ryan terugkeer na sy gesin en 'n werk in sy tuisdorp, teken rolprentmakers Keith Ellison en Dwayne Matthews 'n kontrak met die land se top jong filmster om in hul huidige film te speel.
|
|
Twee onbekende rolprentvervaardigers het 'n stryd om hulle droom te verwesenlik: Hulle wil deur 'n kragtige medium soos die rolprent mense se lewens verander. Nadat beleggers miljoene dollar in die projek belê het, begin alles uitmekaarval. Dit lyk of hulle 'n taak aangepak het wat ver bo hulle vuurmaakplek is. Sou dit tog moontlik wees om Sal hulle daarin slaag om óg bo uit te kom? Sal hulle met 'n kleinerige begroting 'n rolprent kan vervaardig wat enigiets wat tot dusver in die flimwêreld gedoen is, oortref? Of gaan hulle in die proses alles verloor?
|
|
Twee onafhanklike rolprentmakers, Chase Ryan en Keith Ellison, wou die wêreld met hul films verander en nou begin hul drome ‘n werklikheid word. Maar Chase verlaat Jeremia Produksies permanent wanneer sy lewe onverwags rondomtalie.
|
|
Take Two is Karen Kingsbury se tweede meesleurende boek in die Agter die skerms-reeks. Die twee onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, volg steeds hulle droom om in Hollywood rolprente te maak wat die wêreld sal verander. Beleef ook saam met die vier studente Bailey, Tim, Andi en Cody al die keuses wat hulle moet maak en die versoekings wat hulle moet hanteer.
|
|
Ons verstaan nie wat dit beteken om, soos Jesus, heeltemal aan God oorgegee te wees nie. Dit is hoekom die sondige natuur en die eie ek nie oorwin kan word nie.. Die Here God verwag van sy kinders algehele oorgawe. Maar by baie kinders van die Here ontbreek die moed om tot daardie stap oor te gaan.
|
|
Die skrywer ontgin die Bybelse verhale oor vroue en neem ons op 'n reis na sommige van die destydse kulture om mites en misverstande op te klaar en glashelder te wys: God het nog altyd 'n positiewe plan met vroue gehad, en Jesus het dit kom uitleef sodat mans én vroue dit kan begryp en geniet.
|
|
Beleef die goedheid van God moedig lesers aan om die wêreld deur nuwe oë te sien. As ’n mens God se goedheid in die skynbaar alledaagse dinge om jou begin sien, sal jy onwillekeurig begin om Christus se liefde en sy ewige lig na die mense om jou te weerkaats.
|











