Tuisblad

Welkom by die webtuiste van NG Mondeor
Teks vir die Maand - Johannes 1:9,14.
"Die ware Lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld toe. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid."
VERJAARSDAE VIR DIE WEEK.
Aan almal wat van van nou tot einde Februarie 2012 verjaar asook almal wat hul huweliksdae in dié tyd herdenk - Baie geluk! Mag julle die seën van die Here in die nuwe lewensjaar ervaar.
GAAN KYK GERUS NA DIE VOLGENDE:
STERFGEVALLE: In Desember 2011 en vroeg in Januarie 2012 moes ons afskeid neem van Steve van der Walt, Tannie Corrie du Toit en Mev Anna Oelofse wat almal oorlede is na lang siekbeddens. Ons betuig graag ons innige simpatie met al die naasbestaandes en bid vir u seën, sterkte en troos toe. | ![]() | DIE SKOLE HET HEROPEN OP 18 JANUARIE 2012 Ons wens graag alle skoliere en studente aan Universiteite, baie sterkte toe met hierdie nuwe akademiese jaar. | ![]() |
KERKRAADSBEPLANNING: SATERDAG 21 JANUARIE 2012 Die jaarlikse beplanning van ons Kerkraad vind plaas op Saterdag 21 Januarie 2012 vanaf 08h00 in die Kerksaal. Alle Kerkraadslede moet asb teenwoordig wees. Lidmate is baie welkom om insette te kom lewer. | ![]() | Gemeentebraai. 29 Januarie 2012 is 'n Datum om definitief aan te teken! Op dié dag gaan ons as gemeente lekker saam braai by die Kerk om gees te vang vir 2012 én om ons nuwe lidmate op gepaste wyse by ons te verwelkom. Meer besonderhede volg binnekort | ![]() |
12 FEB IS DIE BIDDAG VIR OPVOEDING EN ONDERWYS In aansluiting hierby, versoek mnr Paul Colditz, Uitvoerende Hoof van FEDSAS, dat lidmate aangemoedig word om betrokke te raak by die verkiesing van skole se beheerliggame. Dié verkiesings vind landwyd gedurende Maart 2012 plaas. (FEDSAS is die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole). Die kerk – en gewone lidmate – kan ’n verskil maak! Deur voorbidding, maar ook deur deelname aan hierdie verkiesings. Klik die skakel om die hele berig van mnr Colditz te lees. | ![]() | WILLIE JOUBERT BY MONDEOR OP Die bekende sanger en gospel-kunstenaar, Willie Joubert tree binnekort in ons gemeente op. Hy sal naamlik op Sondag 05 Februarie 2012 tydens die oggenddiens by ons optree. Moet hierdei geleentheid nie misloop nie! | ![]() |
VALENTYNSETE - 14 FEBRUARIE 2012 Op 14 Februarie gebeur 'n eerste in ons Gemeente. Die Gasvryheidskommissie gaan dan onder leiding van Me Magda Botha, die Kerksaal omskep in 'n sprokiespaleis en valentynsrestaurant. Kom bederf jou maat met 'n heerlike drie-gang maaltyd, 'n glasie wyn en goeie geselskap vir slegs R250 per paartjie! Bespreek by Magdag 071 356 0373 of by die Kerkkantoor. | ![]() | BOEKE: Oorwin die storms van die Lewe. Wanneer mense seerkry, is dit nie net so eenvoudig om “oor” die woede, skuld, angs en depressie te kom nie. Maar daar is hoop. Oorwin die storms van die lewe kan help om lesers te lei op die pad na herstel. | ![]() |
GASVRYHEIDSKOMMISSIE Wil jy deel wes van 'n besige, jolige span wat met groot entoesiasme sosiale funksies soos die Bring & Braai, Valentynsete en nog meer vir die gemeente reël? Kontak dan vir Magda Botha by 071 356 0373 | JEUGKAMP 24 - 26 Februarie 2012. Bespreek asseblief jul kampplek by David Jacobs (082) 9206510. Dit is vir alle hoërskoolleerlinge. Die koste beloop R450 en sluit kos en verblyf in. Daar is plek vir 24 seuns en 24 dogters. Deposito's kan ook so lank betaal word. Navrae gerig aa David Jacobs, asseblief. | ![]() | |
LEES OOK DIE VOLGENDE: (Kliek op die titel)
| |||









