Tuisblad

Kruis-en-Dwars Argiewe

 

 

Om die nuutste en ook vorige uitgawes

 

van Kruis-en-Dwars te lees of

 

volledig af te laai in PDF-Formaat

 

kliek hier.

Welkom


Welkom by die Webtuiste van NG Sinode Hoëveld. Ons waardeer u besoek.


U sal hier heelwat nuus, ander inligting, interessante artikels, 

 

opleidingsmateriaal en wie weet wat nog alles, vind.


Ons vertrou u sal die reis deur ons webblad geniet!

Sinodesitting 2012

 

      

 

Predikantekonferensie Maart 2012


Tema?
 Geloofsvorming

Konferensieleier? Gys van Schoor (Durbanville)

Wanneer? 05-08 Maart 2012

Waar? Klein Kariba Naby Bela-Bela in die lieflike, rustige bosveld van die Limpopoprovinsie.

Koste? R500 per persoon

Lees die berig hieronder en voltooi die inskrywingsvorm voor 27 Februarie 2012.

 

Jongste Nuus

 

 

Kyk na die boonste donkerblou gedeelte van die skerm en al die oortjies daarop.

 

  • Kliek op die oortjie en dit neem u na die berigte wat daaronder sorteer.

 

  • Klik op die Nuus-oortjie in blou hierbo  (3de oortjie van regs) en gaan lees gerus die jongste Nuus vir ons Sinode.

 

 

  • Onder die "Op die Kalender" vind u gebeure wat in die volgende paar dae gaan plaasvind. Kliek op die kalender ikoon daaronder en dan kom u uit by die Sinodale Kalender. Daar kan u op enige datum klik en lees wat op daardie dag gaan gebeur in die Sinode (dit wat gerapporteer is).

 

  • Onder die opskrif "Hoëveld Nuus" word die nuutste artikels wat op die web geplaas is.

 

Paidion Kinderbediening bied drie streekslypskole aan die begin van 2012 aan. Dit het ten doel om gemeentes se personeel by hul kinderkerke/ kategese/ Sondagskool met die nodige motivering, kennis en vaardighede vir 2012 toe te rus. Hierdie spesifieke slypskool vind by die NG Kerk Kempton-Kruin in Kemptonpark plaas.
Die Tuiste vir Bejaardes, Nigel, in samewerking met die NG Moedergemeente, Nigel is in die finale beplanning vir ‘n behuisingskema vir bejaardes in Nigel.
Dis weer sulke tyd!! 'n Predikante Konferensie met die tema "Geloofsvorming"vir al die predikante van Sinode Hoëveld van 05 tot 08 Maart 2012 te Klein Kariba!
Die volgende Sinodesitting van Sinode Hoëveld se datums word hiermee aangekondig, naamlik 17 tot 19 April 2012.
Ons is op soek na ’n Afrikaanse Christelike gesin wat hul gasvryheid wil aanbied om twee tieners vanuit Vlaanderen, België, vir ’n week te huisves sodat hulle met die tieners in die gesin ’n tipies Christelike jongmenslewe kan ervaar.
Die Belydenis van Belhar het in die 1980’s gehelp “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te regverdig”. Só voer genl. Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, aan in ’n 15 bladsy lange memorandum wat hy aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode gestuur het.
MES nooi jou en die gemeente graag uit om ’n myl in iemand anders se skoene te kom loop. Bespreek gerus ’n datum vir jou gemeente en kom geniet ’n aandmaal en geselsie saam met die Hillbrow gemeenskap.
Dit gryp mens altyd aan die hart as iemand die roeping ervaar om te gaan studeer om predikant te word, maar dit nie finansieel kan bekostig nie. Boitumelo Maloka is 'n dogter uit Orange Farm wat baie graag wil gaan Teologie studeer by Pretoria. Haar ouers is werkloos en nou vra haar predikant om hulp.
Organiseerder Prof. Hennie Stander. Die mens se lewe het verskillende fasette. Die doel van hierdie kursus is om jou toe te rus om in verskillende vlakke van jou lewe te groei en om ook gesond en suksesvol te leef. Die oogmerk van die lesings is om jou te help om regtig volledig mens te kan wees, sodat jou volle potensiaal na vore kan kom.
Die optredes van Yoti, die bekende Griekse sanger / kunstenaar, is altyd iets opwindend om na uit te sien. Moenie hierdie geleentheid by NG Alberton-Noord misloop nie!
Corruption Watch (CW), ’n organisasie wat sigbare slaankrag wil gee aan korrupsiebestryding, het die groenlig gekry van prominente kerkleiers soos die NG Kerk se algemene sekretaris en een van die vise-presidente van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), dr Kobus Gerber. Lees hiervan en veel meer in die Kerkbode van 03 Februarie 2012.
Kom kuier saam met LIG By Willie en Natasha Joubert en hul babatjie Lizay wat op 23 Augustus gebore is. Lees ook oor Gentlemean - nodig of oorbodig? Irma Joubert: 'n kop vol hartstories; Ons huwelik ...; Telebemarking: Waar kry hulle my nommer? Pa in die kraamsaal - wat om nie te doen nie; Tem tienertantrums; Klimrame - kies slim vir klouter en spring; en nog vele meer in die LIG van Desember/Januarie 2012
Galasiërs is ’n besonderse brief uit Paulus se pen. In die Bybelstudie “VIER JOU BEVRYDING” ontleed Andrie du Toit in 31 studies die volledige Galasiërsbrief en gee ook dieper insig in die agtergrond van die brief.